Dit lyk of iemand jou geteken het, merk ek sommer so losbek nou die dag op. Die bollings van jou wangetjies is geskets met 'n geoefende HB-potlood, en die buitelyn van jou lyfie sê vir my die kunstenaar was in 'n lekker bui. Net soos 'n goeie kunswerk betaam smelt die lewe se skerp hoeke … Continue reading Yua (een mensejaar)
Yua
Yua (10 mnde)
Dit val my nou die dag by toe ek na jou kyk. Skielik het ek dit geweet; niemand op hierdie aarde word met 'n jammerlike gees gebore nie. Skaamte en verdrukking is iets wat ons later in die lewe soos 'n hartseer kleed aantrek. Maar jy neem jou ruimtetjie volledig in beslag en jy laat … Continue reading Yua (10 mnde)
Yua (8 maande)
Each individual human creature is a galaxy of thought, experience, and emotion. You could dedicate your entire time here on earth to exploring just a fragment of one of these "galaxies" and your life would not be wasted. Understand, there is no normal life and there is no ordinary love. There are only phenomenons and … Continue reading Yua (8 maande)
Yua (5 maande)
For when we hold up a light in order to see anything outside ourselves more clearly, we illuminate ourselves.Alice Walker Ek is twee dae laat, want net soos jy, het die verkoue-gogga my ook gehap. Mag dit tog net dit wees. Gister het ek gedink dit is die Korona-virus! Gelukkig is ons in die diep … Continue reading Yua (5 maande)
Yua-lyfie (4 maande!)
Is 'n vis regtig 'n vis of net 'n bewegende ding met skubbe? Want jy het hulle amper uit die glaskastele bekyk by die akwarium (jy kom immers van die waters af en was self nie te lank terug nie 'n soort vissie. . .).
Ingeval en eendag
Tien weke. Nou dat die donderweer se roggel die voëltjies se getjirp kort-kort onderbreek, skryf ek vir jou. Ook ék voel vandag 'n bietjie klein. Omdat dit nie 'n gegewe is dat ons almal hier gaan wees teen die tyd wat jy my inkwoorde gaan drink nie, wil ek jou graag 'n bietjie vertel van … Continue reading Ingeval en eendag
Ons asempie lente
Yua. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar om jou vas te hou laat my ‘n bietjie heiliger voel. Soos om ‘n duur rok te dra met olyfroom ingevryf en skoon hare opgevat. Dan wil ek my ken ‘n paar akse lig. Ja-nee, met jou in my arms wil ek sommer ‘n beter liggaamshouding inneem. Asof ek ‘n kroon dra.
Benjamin (20 maande)
Twintig maande vandag. Jou hande en voete word nou soos dié van 'n volwaardige mens s'n, en dís 'n bietjie scary. Bly nog 'n bietjie baba, toe? Die woordjies kom nou teen 'n spoed! "Uitklim", "inklim", "altyd", "wag", "buite", "tiete" (geen idee waar dáái enetjie vandaan kom nie!). Mamma weet darem om nie 'n bohaai … Continue reading Benjamin (20 maande)