Hy hou nie van daardie woord nie, "vloei". Maar die jong paramedikus moes woorde gebruik wat by die nooddienste se standaard uitvoerprosedures pas. Daar was geen ruimte vir kreatiwiteit nie. Hy het 'n suurstofsak gedruk en sy kollega het 'n pasiënt se bors gepomp. Een, twee, drie. Geen reaksie nie. En toe, 'n fladdering … Continue reading Die bloed het gevloei
Kortverhale
Optelgoed
Sy probeer tevergeefs om verby die vrou se weerkaatsing, anderkant die donker treinvenster te kyk. Tydskrif-wangbene omring deur 'n krullebos wat saam met die duisternis smelt. In 'n ander klas. Bruin porseleinvel. Daar was 'n tyd dat sy ook so 'n soel vel gehad het, dink sy, en vryf oor 'n nuwe rofie op haar … Continue reading Optelgoed
Koning Zues kry huis
Lisa Samuels plak albei elmboë op die rooi tafel weerskante van haar skootrekenaar. Sy sug diep, vryf haar oë. By die Wimpy op Clocolan is daar niemand nie behalwe sy, Koning Zues, en 'n gesin van vier, doer in die hoek. Nog net 'n halfuur se ry dan is sy en die reuse dierasie by … Continue reading Koning Zues kry huis
My Hemingway-waagstuk
Die kortverhaal fassineer my. Dit daag jou uit om treffende karakters lewe te gee en 'n storielyn met impak te laat ontrafel. Die ideaal is dat die leser nie 'n speld kan indruk nie, soos 'n skrywer dit eenmaal gestel het. Hoewel 'n volgende roman nog altyd broei, bied oefening in dié soort kitsfiksie my … Continue reading My Hemingway-waagstuk
Junie ’16 laat my koud
Constantia se bome waak soos spoke op 'n stiknag saterdag wat drome verslind sy groen belt is organies; flitse van oker ('n straatlig dan nie omgewingsgesind?) ons dryf geruisloos voort jou Country Road-trui teen my gepantser koue bloed; jou ware noord weet ons albei, sonder om te laster 'n Velcro-hart beklouter my … Continue reading Junie ’16 laat my koud
’n Namiddag in Sombreria Obach
Ek en die man wie se hart in my besit is stap lusteloos deur El Barri Gótic. Huistoegaantyd is om die draai en ons besin oor wat ons met ons laaste twee dae en handvol Euros in Barcelona kan doen voordat ons paaie skei. Ons is oortuig die stad kan ons niks meer wys nie. … Continue reading ’n Namiddag in Sombreria Obach