So scroll ek weer iets op die Bloemfontein Mammas groep raak. Anonieme hulpkrete uit suburbia. Daar is enige iets van borsvoed-krisisse tot tandekry dilemmas. Anderdag soek iemand 'n divorce lawyer. Lees ek my swangerskaptoets reg? Wie in Bloemfontein diens 'n sonbed? Die jongste een is net plein sad. Ek kan haar hoor, en sien. Kan … Continue reading Hulpkreet uit suburbia
Gewone dae
Fees van die genooide
Ek is gesê om jou te vertel van Saterdag*. Hoewel dit haas onmoontlik is om die mistieke met 'n versameling van letters uit die alfabet weer te gee, glo ek dit is my werk om te probeer (al gaan ek heel waarskynlik hierdie stuk later uitvee). So terwyl die cursor onverpoosd voort flikker, gaan ek … Continue reading Fees van die genooide
Koning Zues kry huis
Lisa Samuels plak albei elmboë op die rooi tafel weerskante van haar skootrekenaar. Sy sug diep, vryf haar oë. By die Wimpy op Clocolan is daar niemand nie behalwe sy, Koning Zues, en 'n gesin van vier, doer in die hoek. Nog net 'n halfuur se ry dan is sy en die reuse dierasie by … Continue reading Koning Zues kry huis
Op die Here se voorstoep
"Our lives are lived in a sea of uncertainty and an ocean of ignorance, starting now. - John Piper Dieselfde wakker oë op vandag se koerantvoorblad as die waarmee ek gister te doen gehad het. Irisse wat bruis van 'n duisend stories. Ouma Coba word môre 103 jaar oud. Sy het die Groot Griep as … Continue reading Op die Here se voorstoep
Die lelike uitjie
Om terugvoer van jou naastes te vra is soos om gewyn in 'n kaktusplantasie te huppel. Jy gaan jou gat sien, dis 'n uitgemaakte saak. So vra ek met 'n oop gemoed soos 'n swaap vir eerlike antwoorde op ons gesin se WhatsApp-groep. Wat sou my besiel om so iets te doen, vra jy. Wel, … Continue reading Die lelike uitjie
Dominee Wollie se heiligdom
Vandag loer ek in by dokter, of dominee Wollie Grobler. In Bloemfontein is hy sommer net Wollie, die Bybelman van die Klipkerk met die kop vol krulle. Wollie. . . Soms maak hy mense bang, woedend, ander kere laat hy hulle kopkrap, maar die meeste kere sag glimlag. 'n Bietjie soos Jesus. Wollie het my … Continue reading Dominee Wollie se heiligdom
Klavierles
Klavierlesse: R380 per kwartaal, was die advertensie wat haar gelok het. Nou is dit net sy en die halfblinde man in die musieklokaal. Hy hou sy Nokia téén sy oë. Dan lees 'n blikstem name vir hom. "Abrie, Aletta, Brian, Be, Cl," Al hoe vinniger. Tot hy by Erika Volsteedt uitkom. "Jou volgende student is … Continue reading Klavierles
Oggendskadu’s en ‘n single shot cuppachino
Ek het besluit om die jaar in sy moer te stuur. Pinterest beveel my om 'n #girlboss in 2019 te wees. Insta se filters steel die lewe uit my selfies, en op Facebook "wave" getroude pappas vir my met ringlose, geel emoticon handjies. Dis 'n maalkolk van rookskerms, verwagtinge en skewe beelde. Die enigste muur … Continue reading Oggendskadu’s en ‘n single shot cuppachino
Rachel se hartkamer
My huis bestaan uit twee vertrekke en 'n piepiekleinbadkamer. Party lag as hulle oor my drumpel stap. Dalk is dit vreemd dat my woonkamer my kombuis ingesluk het; my oond staan langs my rusbank, wat neffens my kantoor-area staan. Maar hulle weet nie hoeveel plek daar vir rus in my pophuis is nie. Ná nege … Continue reading Rachel se hartkamer
Wat’s dit met fraai boekies?
Nooit kan ek 'n skoon notaboek weerstaan nie. En die persoon wat vir my een as 'n geskenk gee, het ek dadelik lief. Want hierdie mens verstaan my en verstaan die dors na 'n skoon bladsy in 'n 33-jarige se dwarrelende lewe, al is dit in die vorm van 'n saamgepersde boekie. Watse vrou wil … Continue reading Wat’s dit met fraai boekies?