Tien weke. Nou dat die donderweer se roggel die voëltjies se getjirp kort-kort onderbreek, skryf ek vir jou. Ook ék voel vandag 'n bietjie klein. Omdat dit nie 'n gegewe is dat ons almal hier gaan wees teen die tyd wat jy my inkwoorde gaan drink nie, wil ek jou graag 'n bietjie vertel van … Continue reading Ingeval en eendag
Hartstaal
Benjamin (12 maande)
Jy is een verskriklike jaar oud. Ek sê ver-skrik-lik, want die jaar was vol goeie en slegte skrikke. Soos 'n harde nies in 'n stil kantoor is 'n goeie skrik goed vir die bloedsomloop. My gunsteling skrik ooit het Sondag, 'n dag voor jou versjaarsdag gebeur. Dit was asof iemand my binneste kielie. Ek kon … Continue reading Benjamin (12 maande)
Benjamin (8 maande)
Ons albei se oë was pieringgroot toe ons dit hoor. 'n Harde gil uit jou keeltjie. Asof daar 'n nare iets in jou kamer is. Ons het teruggedraai van die voordeur. Met drie reuse treë die staaltrap bestyg. Daar was niks, net Lize Beekman se wiegeliedjie-CD op repeat. Jou ogies was toe maar jy het … Continue reading Benjamin (8 maande)
Benjamin (17 dae)
En so van aliens gepraat, jy is ons huidige buitenste ruim. Ondenkbaar klein kompleet met jou eie smaak en kyke. Altyd twee niese opmekaar (maar dit is jou glo jou pa se ding wat jy gecopy en paste het). Ek is bly om te sien jy raak die planeet ‘n bietjie meer gewoond. En nou's … Continue reading Benjamin (17 dae)
Benjamin (7 dae)
Hallo Bennie. Hoop dis orraait as ek jou so noem. Die res sal seker die meer gesofistikeerde "Benjamin" kies. Ek is jou Tannie Lucky; die alien in die gesin. Wees gerus, jy gaan gawe aliens nodig hê in 'n wêreld van WhatsApps en menings en worries en verwagtinge. Alles menslike goed, jong. Soms was ek … Continue reading Benjamin (7 dae)