Ek is Cheréne Pienaar. Skrywer en joernalis wat tans in die Vrystaat nesskop.
Ek hou van ooptes, van nuwe notaboekies, van mense wat mekaar ruimte gee om te wees.
As sinne hande vat en wêrelde inwy, juig my binneste.
Welkom by die huilblog.
Hier bou ek ‘n huis met stories, feit en fiksie, met die doel om te dien, te vermaak en soms, te oorleef.
Ek skryf, omdat ek moet.
Lekker lees en laat weet wat jy dink. Jou eie stories en terugvoer is vir my belangrik.

“Cinderella het bewys dat ‘n nuwe paar skoene jou hele lewe kan verander…”
Ons moet gesels….