Artikels

Al sukkel die uie, hou ons aan groei

Die Suid-Afrikaanse skolestelsel is siek, het die minister van onderwys Angie Motshekga vroeër vanjaar gesê. Maar net soos ‘n goeie boer, maak ‘n plaasskool ‘n plan. Ek en die fotograaf Mlungisi Louw het by ‘n handvol plaasskole in die Vrystaat stilgehou waar die grondpad doodloop.

Jesus se vlugtelinge droom van nuwe hemel

Paulus sou sy hande vol gehad het as hy hom vandag in Turkye bevind het. Want die Iranse vlugtelinge, wat verban is oor hul Christenskap en tydelik hier nesskop, is honger. Vir gemeenskap, vir bemoediging, vir laataand-kuiers met ‘n suikerklont in die kies. Ek het twee weke lank met ‘n groep sendelinge by hulle aan huis gegaan en die lewe as ‘n banneling ervaar.

Vroue se sabbatsreis sonder bagasie

Wat gebeur as ‘n klomp Vrystaatse vroue alleen ‘n lang staptog deur die berge in hitte en stormwind aanpak? Ek vertel van die trane, lag, skinder en selfontdekking op die Rhodes-camino in die Oos-Kaap.

‘Kokkedoor’ se Wilhelmina skep moed ná sy sus verloor

Of jy wen of verloor. . . dit is jou pad. En ‘n mens leer met elke tree. Dít was die onthoukok Wilhelmina Thirion Garcao se siening aan die vooraand van die laaste episode van die werklikheidsreeks Kokkedoor wat Donderdagaand op kykNET uitgesaai is.