Miss Benson’s Beetle

“Rachel Joyce made me laugh out loud, then weep for the battered majesty of ordinary human beings”

Bel Mooney, Daily Mail

Die beste boeke is die wat jou vind, nie andersom nie. Dit is ‘n boek wat aan jou gegee word, ja, maar dit vind ook sy weg na jou toe op ander maniere. Die regte boek sal jou oog vang, vanwaar dit tussen ander boeke in ‘n stapel naby die deur lê. ‘n Hoop voosgevatte boeke wat ‘n huismaat wil weggooi. Jy tel die boek op en blaai daardeur, maak dit joune, want al het jy nog nooit van die skrywer of die naam gehoor nie, is daar iets daaraan wat jou naam roep. Dis ‘n boek waaroor jy struikel in ‘n ou boekwinkel. ‘n Boek wat se stof nog aan jou vingerpunte sit en jy tog besluit om dit weer op te tel. Jy begin lees en besef hoofstukke later dit is te laat. Jy’s gepootjie.

The Unlikely Pilgramage of Harold Fry het self gekies om in my skoot te beland. Ek het dit in 2014 in my bed, post-break-up, begin gelees. Natuurlik het die trane uit die staanspoor vlak gesit, maar daar was iets aan daardie boek wat my binneste ‘n goeie ou spring-clean kom gee het. En erg na my pa laat verlang het, nes ‘n goeie boek betaam.

Ses jaar later staan ek voor ‘n magdom boeke in Bargain Books. In my handsak is ‘n geskenkbewys. ‘n Ou met ‘n baard agter die toonbank het dit vir my gegee toe ek White Oleander teruggeruil het. Nie reg vir nou nie, dalk eendag. Ek staan en wag. Niks roep my naam nie. Ek draai by die atlasse, trek my oë op skrefies by die jeugromans. Terug by Fiksie, waar goudgeel besies op die voorblad my oog vang.

Ek haal die oerwoudgroen boek van die rak. “Miss Benson’s Beetle”. Rachel Joyce is die skrywer, die een wat Harold Fry se storie na my toe gebring het. Die voorblad sê die boek gaan my lewe verryk. Dis boonop snaaks. Dit klink alles fraai, maar na ‘n week wat ek die boek van hoek tot kant verorber het en nou sooibrand van ‘n damn goeie storie het, kan ek sien dat ek toe geen idee gehad het wat op my wag nie.

Dis ‘n tragiekomedie wat in die 1950’s afspeel en gaan oor ‘n onwaarskynlike vriendskap tussen twee vroue. Maar Joyce wou nie gehad het dat dit net ‘n emosionele studie is nie. “So ek het besluit om my twee vroue op die mees fantastiese avontuur te neem,” sê sy. Ek weet nie wat jy soek in ‘n roman nie, maar avontuur, ten volle ontwikkelde karakters, humor, ‘n prikkelende storielyn en selfs die kans om nuwe dinge te leer wag op jou met hierdie een.

So die aweregse avontuur begin wanneer Margery Benson, ‘n prim en proper oujongnooi en huishoudkunde-juffrou, ‘n nota in die klas sien. Die meisies het ‘n beledigende prent van haar geteken. Dit is kort na die Tweede Wêreldoorlog, en rantsonering is nog hoogmode onder die Britte. Arme Juffrou Benson, met haar goingsakklere en flenterskoene wat natuurlik ook in detail geteken is, vlug, en steel boonop die onderhoof se gitswart stewels op pad uit.

Margery se lewe het eintlik reeds geïndig die dag toe haar pa uit sy studeerkamer stap en nooit weer terugkeer nie. Veertig jaar later, besluit sy om haar lewensdroom na te jaag en ‘n goue kewer in New Caledonia, duskant Australië, te gaan soek. Sy adverteer vir ‘n assistent, wat saam met haar op die ekspidisie aan die ander kant van die wêreld te onderneem. Die goue kewer is nog nooit gevind nie, maar bestaan wel, het sy gelees uit avonturiers soos Oscar Wilde se joernaals.

Enid Pretty is een van daai karakters vir wie jy regtig lief word. Sommige dae het ek vir haar gebid! Sy is nie heeltemal die assistent wat Margery in gedagte gehad het nie, maar saam beland hulle in die maalkolk van ‘n storie, wat jou sal laat blaai, en blaai, en blaai, tot die kleinure in die nag. In ‘n stadium wou ek die boek neersit en aangaan met my lewe, want die spanning en bekommernis het net te veel geraak.

Ek hou van hierdie beskrywing op Goodreads: it is an intoxicating adventure story and it is also a tender exploration of a friendship between two unforgettable women that defies all boundaries. Dit is presies wat dit is. Soos ek hier tik verlang ek erg na Marge en Enid. Ek voel jaloers op die mens wat nog die avontuur moet binnestap. Die boek gaan oor die dapperheid om JA te sê.

Rachel Joyce is een wonderlike skrywer. Haar sin vir humor is heerlik, en les bes, dit voel of die vrou my verstaan. She is the master of charm and delight. Joyce het onlangs ‘n boodskap op YouTube, spesiaal vir haar Suid-Afrikaanse aanhangers gemaak. Hier vertel sy ook kortliks waaroor Miss Benson’s Beetle gaan.

3 thoughts on “Miss Benson’s Beetle

  1. Dis so waar wat jy oor boeke sê, dat hulle ons vind. So het ek as jong vrou lukraak T.H. White se The Once and Future King oor die lewe van Koning Arthur by ‘n biblioteek uitgeneem. ‘n Leeftyd later is daardie boek steeds vir my ‘n vreugde. Boeke vind ook deur aanbevelings hulle pad na ons toe – ek gaan beslis na Rachel Joyce se werk soek, dankie hiervoor.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s