I held a boy today.
Op my heup. ‘n Blonde seuntjie. Twee jaar oud.
I held a boy today.
Sy ma beduie ons na Ooseinde se rigting.
In herfs se son tel ek hom uit die kar. Ek hou hom vir ‘n rukkie op my heup met die verskoning om hom na die kronkelhek toe te dra. Soos ‘n glaspot vol donsvere is sy lyfie in my arms.
Sy ma se hande belaai van plastieksakke met ou goed in. Wat sy vir meer as tien kilo’s sou moes dra. Op ‘n gewone dag. Sit maar neer, sê sy. Hy kan loop.
I held a boy today.
Ek droom ek hou dieselfde kind vas. Vuil wangetjie teen myne. Ek moet hom êrens afgee vir ‘n paar uur. Kortasem tussen vreemde gesigte. Nagskof kruip nader. Ek kry nie ‘n veilige paar oë wat sal kyk nie.
I held a boy today.
Onder die son se warmte wil ek hom nog ‘n bietjie vashou, maar ek gehoorsaam sy ma.
Dis net
ek sukkel om dit af te skud. My heup voel hom steeds.
Wat ek nie kan kleinkry nie
Is hoe swaar dit voel,
Maar hoe lig die kind weeg.

Dis dalk al die belofte van so ‘n klein lewetjie wat so swaar voel..
Pragtig, Cheréne.