Yua (5 maande)

For when we hold up a light in order to see anything outside ourselves more clearly, we illuminate ourselves.


Alice Walker

Ek is twee dae laat, want net soos jy, het die verkoue-gogga my ook gehap. Mag dit tog net dit wees. Gister het ek gedink dit is die Korona-virus!

Gelukkig is ons in die diep Vrystaat waar dinge ons eers later tref, soos sêgoed en modes, en hopelik virusse ook.

Mag daai neusie gougou weer werk soos hy moet, want jy is ‘n fyne dingetjie wat nie mag siek word nie. 

Hier sit ek en skryf in ‘n halfdonker huis, met die donderweer as agtergrondmusiek. Buite knik my iceberg-rose soos die eerste druppels val. Daar is belofte in die lug. Van nog reën en goeie dinge. Van ‘n heilsaamheid vir droë binnestes. Ja, ja, ja.

Dit bly ‘n salwing om jou dop te hou as jy slaap. Effense oop mondjie, oop handjies, ontvanklik vir die onbekende. Jy leer my so baie. Van ware rus, opregte verwondering, van oorgee. Van jouself entertain as die lewe eentonig raak. 

Skaars ‘n halwe jaar en kan reeds jou eie bottel vashou! En jou fopspeen uithaal en terugsit. Én klapgeluidjies met jou mond maak. 

En die manier wat jy kyk en inneem, so onbewus van jouself, leer my baie van oop wees vir Lig 

en waak teen slim wees, bitter wees, bang wees. 

Op ‘n goeie nuwe maand, sussa baba! Hieronder is ‘n liedjie vir jou, en my leser.

Geteken deur Charlie Mackesy

One thought on “Yua (5 maande)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s