Benjamin (21 maande)

It is a joy to be hidden and a disaster not to be found.

D.W. Winnicott

Deesdae vat jou pofhandjie myne, of trek jy my sommer aan die jeans as jy wil gaan loop. Gisteraand het die warm aandlug ons soos ‘n kombers toegevou toe ons die maan gaan soek het.

Met Macufe-klanke wat om ons vibreer, steek jy jou wysvingertjie in die lig, en sê met groot ogies “sing!”.

Een woord het nou baie betekenisse. “Uitklim!” beteken ook “afklim” en “opklim”. Dan kruip die ronde lig uiteindelik uit die boomtakke. Ek moet jou hoog bo my kop optel sodat jy aan haar gesig kan vat. Maar sy bly net daardie paar armstrekke te ver.

Ai, hoekom wil Maan nie “uitklim” en saam met ons kom speel nie? Muisvriend het gewaarsku sy is níé van kaas gemaak nie. . .

Foto: Conrad Bornman

My Wegkruipertjie, wat soos ‘n hasie al hoppend aan die hol gaan as ek kom kuier. Daai paar tellings van ekstase as jy om die hoek vir my loer.

Asem inhou met jou dumpeltjies wat insink. En dan die vreugdekraai as ek jou uiteindelik vind.

Daai wag is driekwart van die pret. Want jy weet met elke gryntjie van jou bestaan; om die hoek wag groot lekkerte met ‘n kielie daarby. Maar wag se terg kan eina raak. ‘n Onding wat dreig om jou moed te verslind.

Die wagtrein, voel ek, raak nou so dat ek wil “uitklim”. Maar hy stoom voort, en daar is nie tyd vir speelgoed uitgooi nie.

Ek sal wag en nie settle vir kaas nie. Want Wie weet wat daar om die hoekie wag.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s