Yua. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar om jou vas te hou laat my ‘n bietjie heiliger voel. Soos om ‘n duur rok te dra met olyfroom ingevryf en skoon hare opgevat. Dan wil ek my ken ‘n paar akse lig. Ja-nee, met jou in my arms wil ek sommer ‘n beter liggaamshouding inneem. Asof ek ‘n kroon dra.
Month: September 2019
Kaapse Camino: Die arm man se sabbatsreis
Is this a myrtle tree? Oor 'n paar naweke is dit ek, die Oos-Kaapse camino, en 'n groep mense wat ek nog nooit ontmoet het nie. En 'n onbekende, pienkblaarboom. Kan nie wag nie!
Turkye: Istanbul, Nevsehir, Zonguldak
Ek het gegaan as buitestander wat skryf; as vlugteling in die kleine. Net om ingetrek te word in die maalkolk van samesyn, aanvaarding en liefde. Istanbul Berge granate en alles wat vars is wag in Istiklalstraat aan die Europese kant van Istanbul. Istanbul se arms is wawyd oop. Die buurte is 'n kleur kaleidoskoop met … Continue reading Turkye: Istanbul, Nevsehir, Zonguldak
Klavierles
Klavierlesse: R380 per kwartaal, was die advertensie wat haar gelok het. Nou is dit net sy en die halfblinde man in die musieklokaal. Hy hou sy Nokia téén sy oë. Dan lees 'n blikstem name vir hom. "Abrie, Aletta, Brian, Be, Cl," Al hoe vinniger. Tot hy by Erika Volsteedt uitkom. "Jou volgende student is … Continue reading Klavierles
Benjamin (20 maande)
Twintig maande vandag. Jou hande en voete word nou soos dié van 'n volwaardige mens s'n, en dís 'n bietjie scary. Bly nog 'n bietjie baba, toe? Die woordjies kom nou teen 'n spoed! "Uitklim", "inklim", "altyd", "wag", "buite", "tiete" (geen idee waar dáái enetjie vandaan kom nie!). Mamma weet darem om nie 'n bohaai … Continue reading Benjamin (20 maande)