Oggendskadu’s en ‘n single shot cuppachino

Ek het besluit om die jaar in sy moer te stuur.

Pinterest beveel my om ‘n #girlboss in 2019 te wees. Insta se filters steel die lewe uit my selfies, en op Facebook “wave” getroude pappas vir my met ringlose, geel emoticon handjies. Dis ‘n maalkolk van rookskerms, verwagtinge en skewe beelde.

Die enigste muur wat my aandag trek is die een met die dansende oggendskadu wanneer almal nog slaap. Dit is ‘n sein van die Een wat my nader wil trek. Want stilword en aanbidding is die naaste vorm van intimiteit, het vriendin Suretha nou die dag gesê.

Daai oggendskadu sê

dis oukei

om

net

te

wil

wees.

Hier by My.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s