Londen: Dag 9

Oxford het my onkant gevang. Ja, ek het eeue oue geboue verwag, maar die stories wat die gids op die staptoer vir ons vertel het, sal my altyd bybly.

Hoe J.R. Tolkien, C.S. Lewis en ouens soos Thomas Hardy elke Dinsdagaand by ‘n pub ontmoet het. Ek het dieselfde voetpad gestap wat Lewis elke aand op pad huis toe gestap het.

Net eers ‘n kykie na die strate van die dorp. Danksy ‘n dik wolkekombers het die dorpie knus gevoel, met al die skatte wat uit die houtwerk gekriewel het.

Die Oxford Castle was nog nie oop vir die publiek nie en ek het dieper in die krop van die dorpie beweeg. Maar eers net ‘n paar steelfoto’s.

Vir brunch gryp ek tie ‘n pasty met gravy by die binnemarkie. When in Rome…

Die Oxford Museum of Modern Art is ‘n intellektuele kragtoer. Die een installasie, “The same road is different roads”, het veral ‘n indruk op my gemaak. Twee stemme vertel hul indrukke van ‘n sekere straat in Noord-Londen; ‘n sagte, middeljarige vrou en ‘n bendelid. Dit wys net weer hoe ons deur verskillende lense na die wêreld kyk.

Daar is ‘n storieboekwinkel daarnaby wat enige boekvraat se droom is.

Daar was gems, soos dié antieke shoppie.

D

it het tyd geword vir die staptoer. Die eerste foto hieronder is van Blackwells, een van die oudste boekwinkels op Oxford. Dit lyk klein van buite, maar spog bleikbaar met ‘n eindelose groot onderverdieping met honderd duisende boeke. Die studente koop veral hier hul handboeke.

Die gids, het helaas sy naam vergeet, vertel ons toe van die verskil tussen ‘n gargoyle en ‘n grotesk. Eersgenoemde was teen die geboue gemonteer om bose geeste weg te hou. Hulle het water vir dié doel gespoeg. Grotesk-karakters is weer net daar vir estetiese doeleindes. Ek dink die kêrel hieronder is laasgenoemde…

Ons is na die New College toe, wat ironies genoeg in die twaalfhonderds gebou is.

In die tuin hieronder het Charles die eerste glo gaan dink as hy wou wegkom.

Onder dié gebou is ‘n wynkelder met 37 000 wynbottels. Die koshuis spog ook met die oudste werkende eetsaal. Met McDonald’s om die draai het studente ‘n keuse tussen gemorskos of ‘n luukse maaltyd teen 5 pond ‘n aand.

Die kapel is iets besonders. Enige iemand verbonde aan die universiteit, van die studente en die personeel tot skoonmakers, mag hier trou.

Lazarus se lyk wat wakker word is ook hier te sien.

By bogenoemde foto is ‘n binnehof waar menigte bekende flieks, soos die eerstes toneel van Mamma Mia 2, geskiet is.

The Bodleian Library het elke liewe boek wat uit die UK kom. Dit is oop vir die publiek, maar as jy nie Engels is nie, moet jy sê wat jou eerstetaal is, en ‘n bladsy wat hulle vir jou gee hardop lees. Dit is tradisies soos dié wat Oxford ‘n spesiale plek maak.

Die leeskamer van die bib, wat onderdeur ‘n tonnel ook bereik kan word.

En daar, langs die kerk waar C.S. Lewis studente toegespreek het (wat op die einde sy vriendskap met Tolkien versuur het omdat dié geglo het hy is nog nie volwasse genoeg in sy faith nie), kon ek reg langs die gesig staan wat Aslan, Narnia se leeu, inspireer het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s