Londen: Dag 8

Laura woon in Dulwich, ‘n lieflike uitbreiding, of soos hulle dit hier noem, ‘n borough. Op sekere punte kry jy ‘n kykie oor die hele stad.

Ons het die dag begin met ‘n stappie in ‘n woud, nie ver van haar blyplek nie. In die bibberkoue het ons agter ons wasems aan die lowergroen mooiheid beleef.

Dit was die eerste keer dat ek ‘n vlermuisnes eerstehands sien!

Vandaar is ons na die Horniman Museum. Horniman was moontlik een van die grootste en mees obsessiewe versamelaars. Hy het hougoed van die hele aardbol in sy huis uitgestal, wat nou, honderde jare in dié museum voortleef.

Ons het ons kuier in Clots and Cream afgesluit. Ek is baie dankbaar vir Laura, en al die ander gesoute Afrikaners wat die weg gebaan het vir skugter reisvoete soos myne.

Ek het die dag afgesluit by Liberty London. Ek moes dit uitbalanseer nadat ek by Camden was. Sjoe, dis nie heeltemal ek nie. Liberty het dinge uitbalanseer. Hier kan jy jou verwonder aan al die peperduur mooigoed!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s