Londen: Dag 7

Dis ‘n ander storie om die drade ná 13 jaar met ‘n vriendin op te tel. Ek en Laura het ‘n handvol leeftye gelede talle dronkies met skinkborde bedien by Oolong in Tweedelaan.

Dit was so goed om met haar op te vang en te sien hoe sy wortel tussen die Britte geskiet het en selfs haar eie Quashqai het!

Ons het voet in die hoek gesit om ‘n bietjie uit die stad te kom. Jy kan die girl uit die Vrystaat haal, maar nie die Vrystaat uit die girl nie… ons was dors vir ooptes.

The Fryer is ‘n soort oornagplek vir monnike, waar jy ook op retreats kan gaan en potterylesse kan doen. Die plek is in die twaalfhonderds gebou! Ek moet sê, die katolieke dwing respek met hul dinge van doen.

Die veertien stasies van die kruis is baie mooi uitgebeeld in dié kerk.

Aylesford is die sprokiesplek waarna ek al eeue heen smag. Ek het my in ‘n skildery bevind en kon nie ophou kyk nie.

Vandaar is ons Canterbury toe, ‘n ewe mooi dorp, maar groter met meer toeriste.

Een van die boekwinkels op die dorp is ‘n skuinshuisie waaroor Charles Dickens geskryf het.
”..a very old house bulging over the road…leaning forward, trying to see who was passing on the narrow pavement below…” Charles Dickens, 1849

Van hier af is ons Kingbay Gate toe om vir die see hallo te sê. Ondanks die koue was dit verfrissend om saam met die honde op die strand rond te draf.

Ek weer helaas nie wat die storie met die gat in die rots is nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s