Alleen travel is nie vir sussies nie. Die sesde dag was my klippie in die skoen. Ek wou sien hoe lyk St. Pancras-treinstasie en ook die British Libary, maar ek het soos ‘n muis tussen die massas gevoel wat inderhaas ‘n holte moet vind, want dit was net onmoontlik snerpend.
St. Pancras se grootte en argitektuur is besondsers, en romanties daarby.
Die dag het baie sleg begin raak in die stadskern, toe ek op soek is na Leadendall Market. My kop het gespin tussen al die pakke, en niemand kon my help nie. Toe ek uiteindelik die blerrie plek kry, was dit om hoogs onindrukwekkend.
Ek het toe weer Borough Market toe gedrentel, waar ek ellelange toue moes aanpak om iets te kry om te eet (selfbejammering kraai hier koning).
Uiteindelik kon ek vir Nikki, Armand en ‘n vriendin van hulle by die Metropolitan Bar kry. Vriende maak dinge altyd, maar altyd, beter. Dis al wat die hart se some sterk hou.
Dankbaar om sulke soort liggies hier in die groot stad te hê.