Londen: Dag 5

Dit was buitengewoon lig toe ek die oggend van 1 Januarie 2019 uitstap. Die meeste plekke se deure in Tottenham Courtweg was met slot en grendel gesluit. Pret a Manger, almal se koffieplek ‘n katspoeg van my AirBnB, was gelukkig oop, en al sy warm drankies op die huis om die nuwejaar in te lui.

Bergies het katvoet nader gestaan. . . dankie tog die personeel het hulle net so welkom laat voel soos die res van die klante. Ja, ondanks die koue was daar ‘n helder varsheid buite met menigte pommie-paartjies wat bymekaar inhaak en laggend die jaar tegemoetgaan.

Genadiglik was die Waterstones-boekwinkel oorkant die pad se deure wawyd oop, en daarom deel ek graag drie boeke wat ek ontdek het en besig is om te verorber (ek het die eerste twee hier gekoop teen tien pond elk en die laaste een uit my swaer se boekrak geleen/steel).

A Little History Of The World deur Ernst Gombrich

Verbeel jou ‘n boek wat die mensdom se geskiedenis storie vir storie saamvat. Dié boek is dit en meer; dit “behandel” al die groot uitvindsels en gebeurtenisse sonder die rompslomp van datums en syfers en feite wat ons op skool uit ons koppe moes ken.

Ek trek by die eerste hoofstuk en is mal oor hoe die skrywer jou intrek en ‘n volronde blik op die verlede gee sonder om ‘n lekkerleeservaring prys te gee.

Die bedoeling agter die boek, toe Ernst dit in 1935 geskryf is, is om geskiedenis toeganklik vir kinders te maak. Maar as jy die resensies lees, is dit duidelik dat die boek met die jare so ontwikkel is (deur Ernst se kleindogter) dat grootmense net soveel vreugde daaruit kan put. Daar is baie gate in my opvoeding oor die geskiedenis, en ek glo dié boek onthul belangrike lesse uit die verlede op ‘n nie-intimederende manier.

Soos een leser opmerk: “this book is proof that brilliance and perspicacity needn’t be stuffy.”

Ek is verlief op die illustrasies. Hoe mooi is dit nie!

Art Matters deur Neil Gaiman

Ek het al lank my oog op dié een en was verbaas om te sien dat dit so ‘n klein, koffietafelboekie is.

Die inhoud is egter meer insiggewend as ‘n atlas. Neil Gaiman, die skrywer, en Chris Ridell, die prentjiemaker, is ‘n meesterlike kombinasie en bewys weer hoekom hul pogings eenvoudig net werk, al grens dit soms aan die sinestere.

Art Matters is ‘n pleidooi om kinders aan die lees te kry; om biblioteke staande te hou; en om die wonder van idees en verbeelding aan te vuur.

Ek hou van hoe Gaiman die mag van ‘n idee skets.

Die Terugkeer van die Verlore Seun deur Henri Nouwen

Ek het dié een uit my swaer se boekrak gegaps en in my tas gedruk. Daar is nie ‘n beter boek vir die eenmanreistog nie. Nouwen deel syne met die ontmoeting van een van Rembrandt se mees treffende werke, en die massiewe impak wat dit in sy lewe en verhouding met ‘n liefdevolle Vader het.

Dit is inspirerend om te lees oor hoe hy sy roeping volg en hoe ‘n enkele kunswerk ‘n mens se roete kan beïnvloed. Ook treffend is sy skuif van ‘n obserweerder na ‘n deelnemer met die dinge van God. Die krag van kuns kom ook hier sterk na vore.

Dankie vir die lees, watter boek kan jý aanbeveel?

One thought on “Londen: Dag 5

  1. Hierdie boeke lyk almal interessant! Ek gaan daardie Art Matters een soek. Ek is besig met “The book of Joy”. Dit is gesprekke tussen die Dalai Lama en Desmond Tutu oor vreugde in die midde van verdrukking. Dit plaas mens se fokus op die regte plek en laat jou met nuwe oë na jou eie lewe kyk.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s