Londen: Dag 4

Ek gaan nie jok nie, dit raak by die dag kouer. Binne die stasies is dit snoesig, buite sny die weer soos messe in jou nek. Daarom het ek langer as gewoonlik langs die moltreine rondgehang en die verskillende soort kuns en hoekies van elke stilhouplek bestudeer.

Ek skiet toe Shepard’s Bush toe, na ‘n groot inkopiesentrun (deels vir die beskutting, deels vir die sales!).

Die Westford Mall was ‘n laftenis. En Zara het my bederf met MAL winskopies, wat selfs by die huis belaglik goedkoop sou wees. Yessssss.

Dit was tyd om die koue te trotseer en te sien hoe lyk Notting Hill. Daar spog elke huisdeur met ‘n ander skakering! Hugh Grant was elaas agtergeen van dié deure nie. Ek soek my geld terug!

Ek was natuurlik op pad na die Portobello-markie. As jy van antieke goed hou, is dit die plek. Eintlik, as jy van enige ding hou. Selfs warm granaatsap met gemmer!

Ek het selfs Johan Stemmet se onderbaadjie in ‘n tweedehandse winkel raakgeloop. 15 pond is diefstal. Steeds wil ek hom salueer vir sy dapperheid om homself met onderbaadjies uit te druk op Noot vir Noot ondanks die eng Afrikaner se kritiek.

Oujaarsaand het ek deur Regent-straat gestap en die opnuut die liggies bewonder. Anthropologie was toe maar Hamleys oop! ‘n Speelgoedplek, ‘n ADHD-leier se droom.

Ek wonder wanneer hulle die Kersfeesvibe gaan oppak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s