Huilblog

'n skrywer se bêreplek

Skip to content
  • Bly te kenne
  • Gewone dae
  • Benjamin
  • Yua
  • Londen
  • Turkye
  • Camino
  • Kortverhale
  • Artikels
  • Boek
Search

Month: January 2019

Oggendskadu’s en ‘n single shot cuppachino

January 20, 2019September 28, 2019 / cherenester / Leave a comment

Ek het besluit om die jaar in sy moer te stuur. Pinterest beveel my om 'n #girlboss in 2019 te wees. Insta se filters steel die lewe uit my selfies, en op Facebook "wave" getroude pappas vir my met ringlose, geel emoticon handjies. Dis 'n maalkolk van rookskerms, verwagtinge en skewe beelde. Die enigste muur … Continue reading Oggendskadu’s en ‘n single shot cuppachino

Benjamin (12 maande)

January 15, 2019September 15, 2019 / cherenester / 1 Comment

Jy is een verskriklike jaar oud. Ek sê ver-skrik-lik, want die jaar was vol goeie en slegte skrikke. Soos 'n harde nies in 'n stil kantoor is 'n goeie skrik goed vir die bloedsomloop. My gunsteling skrik ooit het Sondag, 'n dag voor jou versjaarsdag gebeur. Dit was asof iemand my binneste kielie. Ek kon … Continue reading Benjamin (12 maande)

Londen: Dag 10, 11 en 12

January 12, 2019September 28, 2019 / cherenester / 5 Comments

Ek vat die drie dae saam, want soos ek hier in die dorre Vrystaat sit, is die laaste ruk in Londen 'n waas in my geheuebank. Die BA55 was geen droom nie, en die Citybug het gevoel soos 'n ewigheid toe dit na die binneland suiker. Met die rewind-knoppie duik die Barbiepop-brug dadelik op. Dit … Continue reading Londen: Dag 10, 11 en 12

Londen: Dag 9

January 7, 2019September 28, 2019 / cherenester / Leave a comment

Oxford het my onkant gevang. Ja, ek het eeue oue geboue verwag, maar die stories wat die gids op die staptoer vir ons vertel het, sal my altyd bybly. Hoe J.R. Tolkien, C.S. Lewis en ouens soos Thomas Hardy elke Dinsdagaand by 'n pub ontmoet het. Ek het dieselfde voetpad gestap wat Lewis elke aand … Continue reading Londen: Dag 9

Londen: Dag 8

January 5, 2019September 28, 2019 / cherenester / Leave a comment

Laura woon in Dulwich, 'n lieflike uitbreiding, of soos hulle dit hier noem, 'n borough. Op sekere punte kry jy 'n kykie oor die hele stad. Ons het die dag begin met 'n stappie in 'n woud, nie ver van haar blyplek nie. In die bibberkoue het ons agter ons wasems aan die lowergroen mooiheid … Continue reading Londen: Dag 8

Londen: Dag 7

January 5, 2019September 28, 2019 / cherenester / Leave a comment

Dis 'n ander storie om die drade ná 13 jaar met 'n vriendin op te tel. Ek en Laura het 'n handvol leeftye gelede talle dronkies met skinkborde bedien by Oolong in Tweedelaan. Dit was so goed om met haar op te vang en te sien hoe sy wortel tussen die Britte geskiet het en … Continue reading Londen: Dag 7

Londen: Dag 6

January 4, 2019September 28, 2019 / cherenester / Leave a comment

Alleen travel is nie vir sussies nie. Die sesde dag was my klippie in die skoen. Ek wou sien hoe lyk St. Pancras-treinstasie en ook die British Libary, maar ek het soos 'n muis tussen die massas gevoel wat inderhaas 'n holte moet vind, want dit was net onmoontlik snerpend. St. Pancras se grootte en … Continue reading Londen: Dag 6

Londen: Dag 5

January 2, 2019September 28, 2019 / cherenester / 1 Comment

Dit was buitengewoon lig toe ek die oggend van 1 Januarie 2019 uitstap. Die meeste plekke se deure in Tottenham Courtweg was met slot en grendel gesluit. Pret a Manger, almal se koffieplek 'n katspoeg van my AirBnB, was gelukkig oop, en al sy warm drankies op die huis om die nuwejaar in te lui. … Continue reading Londen: Dag 5

Londen: Dag 4

January 1, 2019September 28, 2019 / cherenester / Leave a comment

Ek gaan nie jok nie, dit raak by die dag kouer. Binne die stasies is dit snoesig, buite sny die weer soos messe in jou nek. Daarom het ek langer as gewoonlik langs die moltreine rondgehang en die verskillende soort kuns en hoekies van elke stilhouplek bestudeer. Ek skiet toe Shepard's Bush toe, na 'n … Continue reading Londen: Dag 4

Recently

  • Benjamin (3 jaar)
  • Yua (een mensejaar)
  • Miss Benson’s Beetle
  • Hulpkreet uit suburbia
  • Twee en ‘n half vir Benjamin
  • Fees van die genooide
  • Yua (10 mnde)
  • Die bloed het gevloei
  • Optelgoed
  • Koning Zues kry huis

Recent Comments

cherenester on Benjamin (3 jaar)
Maxie on Benjamin (3 jaar)
Tannie Frannie on Benjamin (3 jaar)
woestynkind on Miss Benson’s Beetle
cherenester on Miss Benson’s Beetle

Archives

  • January 2021
  • September 2020
  • August 2020
  • July 2020
  • June 2020
  • May 2020
  • April 2020
  • February 2020
  • January 2020
  • November 2019
  • October 2019
  • September 2019
  • August 2019
  • July 2019
  • January 2019
  • December 2018
  • September 2018
  • April 2018
  • March 2018
  • February 2018
  • January 2018
  • November 2017
  • September 2017
  • July 2017
  • May 2017
  • April 2017
  • January 2015
  • August 2014
  • July 2014
  • June 2014
  • May 2014
  • April 2014
  • August 2013
  • June 2013
  • May 2013

Boekmerke

Meta

  • Register
  • Log in
  • Entries feed
  • Comments feed
  • WordPress.com
Website Built with WordPress.com.
Cancel