Londen: Dag 3

‘n Skielike val in grade het my plan om vroegoggend in Hyde Park rond te dwaal in die wiele gery. Ek stap toe deur die superryk Kengsington-gebied, net langs die park. Dis op die koningklikes se voorstoep.

Harrods was my eindbestemming. Ek wou dit beleef, maar dit het gevoel of die hele Londen dieselfde plan gehad het. Ek was op die punt om ‘n boek vir Bennie te koop, maar ek dink daar wag ietsie meer spesiaal om vir hom huis toe te vat.

Die Victoria and Alfred-museum was volgende op my lysie. Hier het my verganklikheid ingeskop, want my 34-jarige bene het gepleit om rus. Dit is ‘n mode junkie se droom, en ek kon my Spree-dae herleef in die mooi patrone, uitspattige style en swier van die modebewustes. Die winkel daar is een groot verleiding en ‘n rusplek vir introverte.

South Kensington se buzz het my ondanks my moegheid fassineer. Dit is die rykes se speelplek, bespikkel met verbasend baie Lebanese restaurante.

Die Natural History Museum net om die draai se magiese lê weer in die argitektuur… maar ek kon langer stilgestaan het by die fossiele (was dit nie vir die eina-voete nie).

Ek bly die Kersfeesatmosfeer geniet. Vandag, op Oujaarsdag, is ek egter gereed vir ‘n nuwe baadjie (en om iets moois te shop!).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s