Londen: Dag 2

‘n Katedraal is een ding, maar St. Paul se majestieuse koepels en ontsagwekkende argitektuur het my omgeboul. Maar dis meer as dit.

As ek vir jou sê dit is ‘n geestelike ervaring, sal jy steeds nie weet hoe dit daar is nie. En dít alleen vorm deel van die geestelike kant, want wie kan die geheime plek met die Vader in elk geval met kopkennis beskryf?

Al wat ek weet is, dit is heilige grond, net soos ‘n Starbucks of ‘n krieketveld heilige grond kan wees. Maar dis ook ‘n spesiale wegkruipplek waar jy ‘n kers kan opsteek en jou hart uit die rugsak kan haal.

St. Paul se katedraal

Die kerk, wat 1 400 jaar gelede aan Paulus opgedra is, is uitgelê sodat dit in die vorm van ‘n kruis is. Doer voor, die plek van aanbidding, is ná ‘n paar dekades oopgemaak sodat die res van die wêreld kan deel hê daarin.

Eers het my moed my begewe, maar ek durf toe die 257 trappe na die fluistergalery. Daar is jy aan die bopunt van die binnekoepel. Sou jy by die een ronding iets teen die muur fluister, kan die persoon aan die teenoorgestelde kant dit hard en duidelik hoor.

“Elizabeth, sit down,” het ek ‘n seuntjie hoor sê toe ‘n meisie hier by my en haar boetie doer oorkant dit wou uittoets. Ek kon dit nie glo nie.

Ek durf toe ‘n verdere 376 trappe na die Stone-galery, waar jy op ‘n balkon kan staan. Hier het my oksels begin sweet toe ek besef hoe hoog ons is.

‘n Verdere 528 trappe na die allerhoogste Golden-galery, het menigte benoude gebede gekos. Maar dit was elke sweetdruppel werd!

Tate Modern

Ek stap toe oor na Tate Modern, waar dit ‘n bietjie te woelig was. Ek het wel hier en daar na die kuns gekyk. Jy stap op doe Millennium-brug om daar te kom.

Buite het ‘n man met toue en bubbles die toeriste se kinders, en vir my, eindeloos fasineer.

‘n Bietjie verder aan na regs, was daar ‘n digter wat binne enkele tellings vir jou ‘n gedig op sy tikmasjien skryf, vir enige bedrag. Hy benodig net ‘n tema. Hoop om terug te kom hierheen.

Borough Market

Die Borough Market is onder ‘n snelweg geleë, wat ‘n lieflike atmosfeer van ‘n feesmaal tussen vreemdes, en ‘n onheilspellende gevaar skep. Ek wens ek kon die Duitse kosse proe, maar daar was honderde, honderde opsies. Sal moet terugkom hierheen.

Crown and Anchor en die naglewe

Ek kry toe twee Suid-Afrikaanse locals, Nikki en Armand, by die Crown en Anchor in Covent Garden. Hulle wys moet toe die hartklop of Southbank. Ja, ons het daardie skrikwekkende, opstyge de swaaie gery.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s