Londen: Dag 1

Ek het die eerste dag soos ‘n fool benader. Sonder ‘n plan, behalwe die vae voorneme om die Britse Museum te sien. Ek val toe in ‘n duisend wonderlike lokvalle.

Soos ‘n vlinder het ek Tottenham Court Road ingevaar en rakelings bekyk sonder om te weet waarna ek op soek is.

Die feit dat al die winkels nog teen daardie tyd toe was, het my nie gehelp nie.

Pret a Manger, almal se koffieplek, is altyd oop en het tot my redding gekom met WiFi en ingeligte brouers.

Meteens is daar lewe. Carnaby, Soho, en Oxfordstraat is wakker! Ek word met ‘n kersliggie-ontploffing en 50%-af beloftes op elke winkelvenster.

Nog nooit was ek so aangetrokke tot ‘n kroeg nie. Elkeen is vol karakter, met feëtjieliggies en vis en tjips. En ‘n ale maak baie sin as dit vieruur se kant donker raak. Ja-nee, by die huis is die kroeë sif, maar hier is die hele gesin welkom.

Hier is ‘n paar mooies. Glo my, ‘n Engelse pub is die hartklop van die stad en, ironies genoeg, jou redding as die aarde begin spin.

Soho en Carnaby het hope siel. Ek kon saam met die skare my asem intrek toe ons in ‘n bewegende massa links draai en begroet word met “Bohemian Rhapsody” se lirieke bo ons koppe.

Toe ek ná ‘n dag se geskarrel die Britse Museum raakloop, het ek my lus verloor met die nimmereindigende tou. Plus die voete het gekerm (toe reeds 20 km gestap!).

Later die aand het ek skrik op die lyf gehad met my aankoms by London Bridge-stasie. Dit het my by ‘n snelweg uitgespoeg en ek was op soek na die ysskaatsbaan. Elkeen wat ek vra sê “I’m new here.”

Ek het teruggedraai en my lêplek in Fitzrovia gaan soek. Om ‘n nuwe strategie te bedink vir Dag 2.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s