Benjamin (7 dae)

Hallo Bennie. Hoop dis orraait as ek jou so noem. Die res sal seker die meer gesofistikeerde “Benjamin” kies. Ek is jou Tannie Lucky; die alien in die gesin. Wees gerus, jy gaan gawe aliens nodig hê in ‘n wêreld van WhatsApps en menings en worries en verwagtinge. Alles menslike goed, jong.

Soms was ek ook Bennie… Mense noem my allerhande goed.

Op die plaas in die Devonvallei waar ons na ‘n lang werksdag in die dorp ons jeans kon uitpluk, slooprokke oor ons koppe trek en sommer net wees. Brooswees. Saans was my kamermuur warmgebak. Mia het klavier gespeel en Zellie het haar foto’s van die dag se shoot getoor.

Ons het buite op die gras gelê; na die sterrehemel gestaar. Die goggas het gebyt maar dit het ons min geskeel. Maar ons was nie sonder vrese nie. Daar was gerugte van monsters en ridders op wit perde, vals helde wat hulle voordoen as iets anders. Ek wens jou vryheid en brooswees toe, Bennie. Dat jy sonder stremming jou bulte kan klouter. Dalk kronkel jou pad minder… dalk meer. Afdraende, uitsigte, koue teëls onder kaal voete… soet tee… dis manna wat die spoedhobbels die moeite werd maak.

Ek kan nie wag dat jy ‘n bietjie meer mens word nie. Gister was ek daar by jou. “Om my Bennie-fix te kry.” Jou mamma het haar hare laat doen, en jou pa het ‘n middagslapie gevat (ons weet hoekom). Liesbet was darem in die ronte; ek dink julle gaan nog besties word. Ek sal terugstaan terwyl jy jou naastes, jou binnekring, kies. Hoop ek vorm deel van jou safe space.

Jy het vas geslaap, en ek het saggies aan jou been gevat. Jy het in jou slaap geskrik. Dit was so oulik. Jou armpies het skielik op gegaan, asof jy in jou drome opgetel word en toe het jy hulle weer langs jou sye gebêre. Jou kennetjie wou ek opvreet. Ek hoop jy is wakker en in ‘n kraletjie-oog-bui as ek weer kom kuier.

Jy moenie so hard op mamma wees nie, jong. Sy’s die sagtheid self. Sy sê jy skree net as jy in haar arms is. En tjoepstil by pa Conrad en Liesbet. Sy sê jou lyfie raak alarmrooi as haar watte-arms jou wil toevou. Dalk voel jy juis veilig om jou vrese vlerke te gee as jy by haar is. Ek verstaan, Bennie.

Stywe drukkie,

Jou tannie Lucky, die alien sonder skubbe

2 thoughts on “Benjamin (7 dae)

  1. Ag hy lyk te dierbaar en mag hy ook die vryheid ervaar wat jy ken en kon geniet.
    BTW en waarheen het die vurk in jou pad jou toe gevat? Of is die pad nogsteeds vol stof?
    Ek hoop saggies in my binneste dat dit net nie Jhb moet wees nie, jy gaan daai vryheid van jou mis as jy hier is, Bloem is n beter keuse.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s