Itaru se huilboks

Almal het ‘n hoekie nodig. Om te onthou, om te bieg (aan jouself, jou goudvis of God, as jy glo), en om te rus.

Ons hoeke raak oorbevolk met notifications en angstigheid, ‘n alewige gescroll na geluk en verligting. Druk jy die pause-knoppie en neem jy voorraad van die dag, of is jy op ‘n missie om jou en dít wat jy voel, uit te blok?

Sommiges neem hierdie hoekie, of dit ‘n fisiese sitplek in die son of ‘n stilword in jou kop is, ernstiger op as ander.

Toe ‘n aardbewing-en-tusnami-dubbeldoor Japan in 2011 tref, het reuse branders talle huise en gemeenskappe binne minute vernietig. ‘n Piepklein dorp, Otsuchi, het magteloos gestaan toe vernietigende golwe hul huise, herinneringe, en hul weergawe van Pep en die poskantoor verwoes.

Itaru Sasaki, ‘n bewoner van die dorp, het ‘n jaar voordat hierdie natuurlike ramp, sy eie innerlike tsunami beleef. Sy neef is dood in ‘n krisis van ‘n ander soort. Om hierdie verlies te verwerk, het Itaru sy eie huilhoekie staangemaak; ‘n verwese telefoonhok, ‘n glasboks met ‘n stukkende telefoon, was die gawe Itaru se veilige ruimte.

1502939758159.jpg

“Omdat my gevoelens nie oor ‘n telefoonlyn gekommunikeer kon word nie, wou ek dat die wind dit vir my dra,” vertel Itaru op die Japanse TV-kanaal, NHK Sendai.

c993a8680.jpg

Vandag dien die ‘windtelefoon’, soos besoekers dit ken, as ‘n soort toevlug vir ontroosbares. Vandag nog staan dié met swaar harte tou vir ‘n paar minute in die huilboks.

Jou huis is bedoel om daai veilige hoekie te wees.

Dis 2017 en dis Saterdag. Die laaste dag van die bloeiselmaand en geen tsunami’s in sig nie. Die perfekte dag om my eie windtelefoon te bou. Myne is ook op ‘n berg… in my kamer, in die vorm van ‘n leeshoek. My tiekieboks is volgepak met boeke, lig, en ‘n goudvis. O, en daar’s wyn. Want elkeen soek ‘n hoekie om te proe aan gister en môre se wat asse.

IMG_3875.JPG

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s