Constantia se bome waak soos spoke
op ‘n stiknag saterdag wat drome verslind
sy groen belt is organies; flitse van oker
(‘n straatlig dan nie omgewingsgesind?)
ons dryf geruisloos voort
jou Country Road-trui teen my gepantser
koue bloed; jou ware noord
weet ons albei, sonder om te laster
‘n Velcro-hart beklouter my mou
“Waar is jy, geliefde.”
jou voorkop frommel, jou wegkyk voel rou
saam neurie ons maar Fine Music Radio.