ek’s vuisvoos beplan aan ‘n
lewenskaart
menings hoop op in ‘n kollektebord
tuimel buite my aard
ek gee oor, wil luister
hoe stof gaan lê
hoe dennenaalde fluister
wat God eintlik wil sê
‘n plekkie langs jou
was die begin van BC-sinne
jy is asemskep, jy verstaan
jy’s real, en feelings kry vinne
soms surf jy in my wentelbaan
ander kere ligjare weg
jy WhatsApp, ‘kyk die skugtermaan’
vra dit vlug of vra dit veg?