Almal het 'n hoekie nodig. Om te onthou, om te bieg (aan jouself, jou goudvis of God, as jy glo), en om te rus. Ons hoeke raak oorbevolk met notifications en angstigheid, 'n alewige gescroll na geluk en verligting. Druk jy die pause-knoppie en neem jy voorraad van die dag, of is jy op 'n … Continue reading Itaru se huilboks
Month: September 2017
Junie ’16 laat my koud
Constantia se bome waak soos spoke op 'n stiknag saterdag wat drome verslind sy groen belt is organies; flitse van oker ('n straatlig dan nie omgewingsgesind?) ons dryf geruisloos voort jou Country Road-trui teen my gepantser koue bloed; jou ware noord weet ons albei, sonder om te laster 'n Velcro-hart beklouter my … Continue reading Junie ’16 laat my koud
Untitled answer
ek's vuisvoos beplan aan 'n lewenskaart menings hoop op in 'n kollektebord tuimel buite my aard ek gee oor, wil luister hoe stof gaan lê hoe dennenaalde fluister wat God eintlik wil sê 'n plekkie langs jou was die begin van BC-sinne jy is asemskep, jy verstaan jy's real, en feelings kry vinne … Continue reading Untitled answer
Lughawe 3
Lanseria is 'n hartseer plek haar gratis koffie 'n flou verskoning haar muurkrake syfer grond toe soos leë beskuldigings as dit mense is wat 'n plek maak is dié 'n inrigting vir verdwalers.