Vader Tyd en sy tikker

Daar’s een ding wat ek en Captain Hook in gemeen het.

Ons vrees vir horlosies. Sy knou kom glo van die krokodilbyt wat hom sy hand gekos het. Die storie is dat die gedierte met ‘n genadelose hap toe ook sy horlosie insluk. En enige sekondetikker waarsku ons stomme seerower aan  die nabyheid van sy riffelrug-vyand.

Vir my is die alewige ge-tik, tik, tik ‘n slaapdief, want sien, my ore verkies ‘n fluister as finale gedagte. Pelle en familie weet al om die batterye van hul muurhorlosies summier uit te haal as ek oorslaap. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou van die toestel, en gaan loer kort-kort na die versameling stylvolle roosgoud gesiggies met hul egte leerbandjies op Watch.co. Maar Vader Tyd is ‘n man, meen ‘n vrou wat ek eenmaal geken het, omdat dit so genadeloos is.

Of jou kop by gister draai of haastig lysies maak om môre te laat geld, is dié punteneurige oukêreld altyd aan die aanstap teen presies dieselfde pas. Maar die tikker in my bors het haar eie tempo; soms klop sy saggies om na ’n onthou te luister, ander kere hamer sy met albei vuiste teen my ribbekas om daai spertyd te vang of om seker te maak sy het die laaste sê.

Dalk eendag kry ek dit reg om in die oomblik te leef; sorgeloos my hart in Oom Tyd se aktetas weg te bêre. My digter-vriendin, die ma van Skryf Met Lyf, vat dit netjies vas:

Voorwaarts

deur Mia Smit

Terugkyk is so maklik

vorentoe kort moed

sweet

en snot

en spartel

en soms ’n bietjie bloed

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s