Op pad werk toe #1

Donderdae is Bergiedag, onthou ek terwyl ek die sleutel in die veiligheidshek sy tweede draai gee. High Level-weg is besaai met haweloses wat in groepies van drie of vier om oorvol asdromme bondel. 

Ek skakel die Yaris, oftewel die “Swart boyfriend” aan en my oog vang een van die bergies. Met ‘n flenterse neongeel onderbaadjie waarop “Traffic marshall” staan, leuen hy half verveeld teen ‘n oop drom en gaap langsaam terwyl hy toekyk hoe sy grys makker opgewonde ‘n vonds lig . . .  en hoe die nuttelose, groen Woolworths-sak dan in die hoek beland. 

Die son verblind my ‘n paar sekondes met die oprit by die robot. ‘n Bakkie vol sement staan voor my en eers na die robot groen word, sien ek die werker wat teen die sement-graniet-mengsel sit. Sy grys oorpak smelt saam met die prentjie voor my. Sy kep verbloem sy uitdrukking.

Midde-in die see van karre wag ‘n oop spasie. Ek spring oor ‘n poel water, klap die deur toe. “Good morning, ma’am.” Die vriendelike stem en netjiese spierwit ry tande vang my onkant. “Hi” groet ek die wag en stap vinnig verby.

Die vaal Naspers-gebou word al hoe groter voor my en ek kyk eenmaal terug. Met die glimlag steeds op sy gesig, maak die wag ‘n waaigebaar met die reuse knippel in sy hand.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s